Jongste aktiwiteit:

hiatus

 

dikwels vorm die hiatus

tussen my gedagtes en woorde

‘n miskombers wat vertolking

vaag en moeilik maak

 

die kanker daarvan

kan selfs in remissie

my goeie bedoeling

eenvoudig verydel

 

misverstand kan dit wees

slegs minstrele kan dit vertolk

op die gondola van my reis

en etimologie van my lied.

 

leemtes in my sielsgeprek

klater helder soos golwe wat breek

oor die barre strande van my gees

wat onherbergsaam berge vorm

 

meinedige beloftes vervloek

eienaarskap van grond waarop ek staan

in stogasties veranderlike korrupsie

wat slegs engele kan verander

 

Ó Tearlach.

 

 

 




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed