Jongste aktiwiteit:

In die storm van kritiek

Sosiale media is fantasties. Veral vir iemand wat as opkomende iets ’n produk of jouself wil bemark. Daarteenoor kan sosiale media ook die duiwel wees wat ’n produk of persoonlikheid kelder. As opkomende skrywer lees ek gereeld van gevalle en gevegte oor kopiereg, nabootsing en kritiek. Van hoe ’n mens aangevat en soms aangeval word oor ’n nuutskepping wat êrens ook ’n idee of gedagte by ’n ander persoon was. Ek het onlangs weer gelees hoe ’n skrywer haarself moet verdedig en om verskoning vra omdat iemand êrens ’n aanmerking gemaak het dat sy die idee van ’n verhaal gesteel het. Die terugvoer en kommentaar op die plasing is verstommend en laat my (en ek dink ander) huiwer en tien keer dink voor jy iets uit jou eie pen met die buite wêreld deel. Wat as iemand alreeds geskryf, gesê of gedoen het wat ooreenstem met my eindproduk? Wat as ek die volgende sosiale media teiken is van ’n bekgeveg oor outentisiteit? Meer as een keer het ek al hieroor gewonder en worstel, maar elke keer is daar ’n stemmetjie in die stilheid wat vir my sê:

1. In ons land met oorsensitiewe siele en selfaangestelde kritici sal daar altyd negatiewe feedback wees. Dis ’n gegewe.

2. Almal soek ’n plekkie onder die son. Dis normaal.

3. Wat was, sal weer wees. Die Bybel sê ook so. (Niks wat jy utdink is anyway nuut nie)

Wanneer ek weer aan hierdie drie dinge dink, skep ek moed om my eie stukkie son te gaan opsoek. Ek wens net soms dat meer mense dit ook kan besef en ter harte neem, maar each to it’s own, I guess. Dit is wel so dat daar mense is wat koelbloedig idees steel vir hulle eie gewin. Dit maak my ook warm onder die kraag en ons sal nooit weet wie die skelm en wie die onskuldig slagoffer van herhaling is nie. En dan, as ek (en jy) vir ’n elfde maal twyfel oor of jou pennevrug gedeel moet word of nie, sit ek ’n vierde punt by:

4. Jy kan nie kies wat die lewe na jou kant toe gooi nie, maar jy kan wel kies hoe jy daarop reageer.




Ek is maar net 'n kaalvoetkind van Namakwaland, verslaaf aan die reuk van ink op papier en honger vir woorde wat siele versadig, of dit nou uit my pen kom of joune.

1 Kommentaar

  • Toom

    Dag-ook Helena, ,beroeps'-skrywers het al oor die jaartiendes / dekades 'n klouseltjie in die geregs-tegniese afdeling vóór die eintlike boek eers begin (daar waar die uitgewer, drukjaar usw opgeteken is - weetmos) waarin hulle eenduidig sê (beweer?): ,Alle karakters en insidente in hierdie verhaal is uitgedag. ENIGE OOREENSTEMMING / OOREENKOMS MET MENSE, LEWENDES OF DOOIES, OF INSIDENTE UIT DIE VERLEDE OF HEDE IS SUIWER TOEVAl.' In MY profiel het ek die sin: Alles wat ek skryf is outobiografies; ek het nie die geld vir die prokureur nie. In my artikel ,Wat is plagiaat?' probeer ek om bietjie lig in die duisternis te bring. Miskien is dit 'n behulpsame stygbeuel vir die kollegas? Bly om weer van jou te hoor! GvT

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed