ingebore
kongenitaal is jou karakter
al veg jy en rebeleer jy daarteen
kan jy jou strepe in kolle verander
jou oorgeërfde neiging to barbarisme
toeverf met sosiaal aanvaarbare gedrag
alles wat waar is verander in leuens
om polities korrek te kan vertoon
aangeleerde norme en waardes
soos koesisters verdraai
in taai toffies versmaai
tog..kan dit nie…
wie en wat
jy is
verdis
in droë mis
vol verwagtings
vir wat nooit
sal kom
net Hy Is.
© Tearlach.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.