daaronder
“daar onder in die vlei stap ‘n mannetjie”
sy lyf is so krom en so skeef
sy hare deurmekaar
sy oë laat my beef
waar sou hy vandaan kom
wat bring hom hier om
is hy dalk honger
degressief is geen woord
wankelrig is sy lyf
klou hy vas aan lewe
kyk dieper en diepste diep
daaronder skyn een liggie
wat helder basuin
“waar daar Lig is, is daar lewe!”
© Tearlach.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.