Kakofonie Goud
krom streel jou vingers
oor die snare van my hart
smekend skreeu my wese uit
in desperate smart
uit die holte van my buik
roep my inner ek na jou
jou valse vingers vleg die note
kakofonies deurmekaar
die trilling resoneer –
skeur senutergend deur my lyf
‘n klinkende crescendo
wat skileik daal dan styg
dan, in die nootgeskarrel
van ‘n deurmekaar gedruis
vloei die soetste harmonie
uit die holte van my huis
jou vingers vind die note
en versuiwer in hemelsimfonie
#nootgeskarrel – deurmekaar note
Amanda de Meillon
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, dankie vir jou bydrae vir Augustus 2023 – Musiek projek