
Drenkeling
Omring deur ‘n koue nagmerrie
ten spyte van my rug
in die son
verdrink in die see van wanorde
deur die fratsgolf van geweld verstom
Stuk-stuk inventaris
wat is weg? wat bly oor?
soutsmaak van my trane
oor aandenkings verwoes en /of verloor
‘n Paar speelgoed lê buite langs loodpyp en ruitglas
die reste van arbeidsvreugde
aan’t verniel in douklam gras
die oorskot van ervaring en kennis opgegaar
ontwortel van ‘n loopbaan
wat strek oor byna dertig jaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.