Jongste aktiwiteit:

inkennig

.
op my duin sit ‘n ou man
lewenslank verskeur tussen
inkennigheid en uitsprakigheid
introvert gebore – ekstrovert
aangeleer om opleiding
te kan gee aan ander
.
om inkennigheid te oorwin
neem baie energie van ‘n mens
om dieselfde werk te kan doen
is veel makliker vir ekstrovert
woorde glip oor sy lippe
soos water oor klippe
.
inherente terughouding
kan mens uitmergel van vrees
vrees om voor ander op te tree
angsaanvalle en spanning
kan jou onverwags tref
jy moet jouself ophef
.
©Teárlach
(Inkennig: Skaam, sku, wild vir vreemdes)




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed