omte
.
in die omte van my duin
lewe daar vele seediertjies
krappe, spinnekoppe en skerpioene
nou wat het hul met seediere te doen
om by die strand te kom moet jy oor hulle
verby hulle en soms voor hulle uit loop
die omte van my duin het ook ander
lewendige ornamente soos mense
wat op gekleurde handdoeke lê
en verbruin in die skerp son
om hulle stap die goeters
soos manhaftige krygers
en net soms hoor
jy benoude gil
.
©Teárlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.