
Flenter-skrefies
Ek wag vir ons sorgvrye liefdeswyn
‘n titseltjie romanse vir ‘n rukkie se samesyn
en wanneer ek jou weer sien
sal ek veer-en-teer al jou vrae versteen
Jou gedagtegang verstil
elke stukkie pyn
met ‘n soen verseël
vir liefde en geluk wat nooit weer kan misluk
Want partykeer voel ek soms
so verskriklik alleen sonder jou
en somtyds in flenter-skrefies
wil ek in ‘n oase van liefde,
die maan weer sien skyn
Maar nou is ek alleen
en my wense is oud verroes
net ‘n foto van ons in gister se tas
toe ons nog saam was
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die November 2020 – Samesyn-projek