opgehewe
.
vroeg op strand
sien al die mooi eerste
alles wat uitspoel lê daar
om te sien of aan te raak
oral lê daar opgehewe
bultjies gekraakte
sand spoortjies
.
my duin is ‘n leerskool
lewens waarhede by die see
drome het my tot hier gebring
waar gedagtes in woorde val
verskyn lewens oomblikke
op my reis as opgehewe
krake in die sand
.
klein hopies opgehewe sand
dui die bestaan van krappe aan
krappe en mossels in sand verberg
om hul voortbestaan te verseker
so ook die menslike natuur
wat homself wegsteek
om te kan bly leef
.
©Teárlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.