
skeer
.
skeer voor die wind
soos tweejaarsvul oor gras
skeer voor die wind oor deining
totdat die wind in stukke laveer
wit skuim borrelend verdwyn
blou en rooi met geel vlag
soos perseboom se drag
so is die kind van wind
gesaal en gespoor
om oor water
te toor
.
©Teárlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.