Is ek soos Jona?
ek dobber soos ʼn bootjie in woeste waters
branders breek en sproei in wilde flaters
sterf ek vandag, kom ek om in die waterhel?
dit weet ek nie vir seker, een ding weet ek wel
ek word ingesuig, al glyend in donker kraters
eers dink ek is in diep dooie donkere gat
Heer, ek het dan eens gestap op die pad
nou dobber ek in die ingewande van ʼn vis
kan dit wees, of het ek my nou lelik vergis
hier lê ek op my rug, nie op pad na die stad
ek het afgesak tot in donkerte van die dood
ek roep Hom aan, ag sien tog net my nood
as ek teen die groot golwe van die lewe stoei
laat my nie nutteloos in my sonde bly broei
laat ek met vreugde eet van U lewensbrood
©MarleneErasmus
27/04/2023
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.