Oseaangraf
Oseaangraf (Vir Ingrid en Albertus)
‘n Oseaan van trane
wat soos die getye
kom en gaan
kom en gaan…
In die suising van ‘n skulp
hoor ek jou stem
ek moet gaan my lief
ek moet gaan…
In die sand en tussen blaasoppies
lê my spore in die lig
van die maan
van die maan…
© Lynne Lexow 2019
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.