Heuningwoorde (Goud)
Liefdeswoorde
het soos heuning
oor jou lippe gedrup
en die holtes van my hart
met beloftes gevul;
gewiglose beloftes
wat my insig sou verblind
tot ek myself meteens
in die wrede doodsgreep
van misleiding sou bevind.
Loretta Szikra
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.