Meegesleur deur ‘n leuen (Goud)
Onder groen tentakels van ‘n wilgerboom
het jy jou lyf styf teen my aangevly
jou mond het my liefkosend verlei
en smagtend meegevoer op ‘n droom
my weerstand het skaamteloos geskroom
soos jy my hart oor die afgrond lei
terwyl jou lippe oor my naaktheid gly
het begeerte my beheersing oostroom
maar skokkend seer was my desillusie
toe die dag agter die heuwels wegdwaal
en tyd weer twee weë na ons lot beslis;
vervul met twyfel en inhibisie
toe ek wakkerskrik uit my feëverhaal
wetend dat ek slegs jou speelparkie was.
Loretta Szikra
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.