
Wegloper
as jy ooit besluit om weg te gaan
na ’n plek, baie ver hiervandaan –
moet my nie laat weet nie
al is jy op jou lange reis
na Kanada of Frans-Parys,
’n Suidsee-eiland
of oneie kontinent –
moenie ’n gedagte aan my stuur nie
(dalk sal ek dit nie kan verduur nie)
en wanneer jy daar arriveer,
jou voete die vreemde grond betree,
jy jou eerste vastrap in verre lande gee –
moet my seblief nie bel nie
(dalk verstaan jy nie
dié wat agterbly se hel nie)
…jare van nou,
as jy ingeburger voel
in jou nuwe tuiste
en jy eendag (toevallig) aan my dink –
stuur dán vir my ’n e-pos,
laat weet my jy’t gedros
dan hoef ek nooit in stomverdriet
voor jou weglooplyf te staan nie
en hoef jy nooit in my oë te lees
hoe ek sméék
dat jy nie moet gaan nie
@ Carma Shaw
9 December 2018
5:47
2 Kommentare
-
Lynne
Met kinders in Kanada ken ek daardie gevoel al te goed...
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
See-Jay-El
Sjoe dis 'n besonderse gedig. Baie sterk emosies in eenvoudige woorde vasgevang. Besonderse kontras wat jy skep met die afsydige kontak in die voorlaaste strofe en die direkte kontak in die laaste. Dit reflekteer die verwyt en vewerping wat hier deur skemer