Jongste aktiwiteit:

Goed en kwaad

In hierdie helder stilte van die nag
skyn ‘n ster vêr in die hemelruim
spikkelwit gooi die maan
ligstrepies oor die skemer sag

tussen eg en skyn
tussen vreugde en pyn
‘n Vae herinnering
deur die werklikheid verdring

Die koper en goud van herfs
die opbrengs van die somer-oes
koue vlokkies wat in die son verdamp

Breek die eerste pêrel fyn
bly net rafels in die wind
was daar ooit ‘n werklikheid
of was alles skyn?




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed