Supermaan, bloedmaan
stil-stil ongemerk kom loer sy oor die rant
terwyl ek, in afwagting, staar na ‘n ander kant
soekend na ‘n skouspel, enig in sy soort,
kom bekruip sy my vanuit ‘n ander oord
stadig lig sy haar blosende gesig
oor die vlaktes van die groot woestyn
haar koers loop wes, haar oë op die see gerig
gloeiend in die son se laaste lig
helder hang sy in die donker lug
in volle glorie op haar amber vlug
oor berg en dal en kaal woestyn
sy sal later in die see verdwyn
miljoene jare volg sy hierdie baan
bepaal sy die getye en die see se gang
maar ek wonder wat sy sou sê
van dit wat op ons planeet aangaan
el niño’s en la niña’s raak verward
deur aardverwarming deurmekaargekrap
dit brand al hoe erger in die kaap en australië
– en aan universiteite in suid-afrika
hoe treurig skielik lyk die maan
oor die dinge wat als hier aangaan
hoe lank nog, wonder sy,
sal die mensdom op aarde kan gedy
waar gierigheid en selfbeheb,
die vraatsigheid na groter mag
nie omgee vir ‘n nuwe dag
of die opkoms van ‘n nuwe maan
treurig seil sy deur die nag
stil-stil op haar wentelbaan
ek sien die maan ‘n traan afvee
en, bloedbevlek, verdrink in die see
Estelle Rubpw
14/11/2016
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.