Jongste aktiwiteit:

Ja , wat sal ek se

Hier sit ek , die enigste trol wat nie besig is nie .
Mens sou sweer ek is ‘n spioen of iets , so word alles van my af weggehou .
Ek voel al soos die arm snotneus laaitie wat aan die verkeerde kant van die spoor bly .
Die ryk kinders staan ‘in ‘n ry vir swiets en ek , Vaal Klasie staan ook maar nader met my gebarste voetjies en skurwe handjies en die drooe snot streep op my geskeerde hempie se mou .
Die kinders voor in die koor , kry swiets dan hou hulle hulle hande styf toe en kyk so langs hulle neuse af na my .Dit maak seer , hier diep binne , maar ek smile want dalk , net dalk is daar vir my ook ietsie as ek daar voor in die ry kom .
Hier diep binne my weet ek daar gaan vet niks vir my wees nie , maar my oorle oupa het altyd gese :Aanhouer wen , daar is eers niks as jy voor in die ry kom en daar is niks , bite the bullet.
Dus skuifel, skuifel ek voetjie vir voetjie vorentoe , tot ek tweede van voor is en met afwagting in my hart , staan ek en kyk .Ek kyk my ogies seer , maar al wat ek sien is dat die knaap voor my die laaste swiets in dis pakkie kry .
Die oom skud die pakkie uit , gee die lee pakkie vir my en draai om, met ‘n smile op sy gesig .
Ek staan daar heelvoor in die ry , na ure se gewag en dan skielik is daar niks .
Ek voel verlee en kyk skaam skaam rond of iemand my gesien het .
Bedroe draai ek om want soos gister en die dag van tevore is ek weer alleen en die enigste wat niks gekry het nie .
Hier langs my staan ‘n skamerige seun , sy hand vol swiets en sy ronde wange vol geprop .
Hy kyk na my en hou op om te kou , hy sluk daai hele klomp swiets met een sluk in sy keel af .
Skaam kyk hy my aan en hou sy hand na my toe , met sy oe wys hy vir my ek kan van sy swiets kry .
Huiwerig steek ek my hand uit ingeval hy sy hand terug trek of iets snaaks wil doen .
Ek vat met my skurwe vingertjies een swiet wat in blink papier toegedraai is . Versigtig maak ek die papiertjie oop en stadig sit ek die pienk swiet in my mond .
Ek weet nie hoe ek voel nie , ek maak my oe toe en alles draai om my .Versigtig maak ek my oe oop en ek sien ek staan nog regop .Skaam kyk ek na die seun wat nog steeds met sy uitgestrekte hand voor my staan .
Hy wys my ek kan nog vat . Eers steek ek my hand uit , maar ruk hom vining terug toe iemand lelik hier langs my lag .Ek wens die aarde wil my insluk , maar dit gebeur nie.
Die seun met die swiets in die hand vat my rooi skurwe hand , draai my hand om bak kant na bo en gooi ‘n klomp swiets in my hand . Hy glimlag vir my en draai om en loop weg .
Ek staan versteen , ek probeer wat gebeur het verwerk, maar dit maak nie sin nie .
Na ‘n ruk draai ek stadig om , met trane wat oor my wange biggel en sloer ek aan huis toe , met ‘n handvol swiets , genoeg om ‘n lewe lank te hou .
Daar is tog iemand wat omgee , al lyk dit nie so nie .




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed