
Verveeld
Mens is mos nooit met iets tevrede nie , die spreek woord se , die gras is groener aan die ander kant ( seker omdat die mis meer is ).
Die lewe is en bly en sal altyd ‘n raaisel wees , die geskiedenis het al bewys wat is, was en wat kom, was ook al gewees.
So beland ons almal maar in situasies waar ons vrae vra . Gewoonlik vra ons “Hoekom ek, hoekom gebeur die dinge met my ?”
Of “ So en So het al die geluk en hier sit ek in die ongeluk .”
Sodra ons dan op die bodem se put is en voel ons wil ons polse afbyt , dan kom daai ontydige boodskap deur ;
Elke wolkie het ‘n silwer randjie of Moed hou , moet tog nie moed opgee nie , of een van daai prentjies met die son wat skyn en die teks se Carpe diem.
Dis mos sulke tye wat jy daai boodskap wil vat en in die afsender se oor wil gaan indruk totdat sy /haar brein ontplof .
Ek meen “Rerig , het hulle al dit beleef wat ek nou beleef ?”
Nadat die uitkoms gekom het of ons weer op gelyke water is, dan vergeet ons waar ons was en stuur ons ook vir wie ookal bedroef, beproef , bedrieg of bedreig is een van daardie onnadenkende boodskappies . Ek weet nie of dit is om net tong uit te steek vir die lewe nie of om ou wonde oop te krap nie , maar ons doen dit .
Niemand het ooit gese die lewe is maklik nie . As dit maklik moes wees waarom is daar die barendsnood , waarom moet die kuiken self die dop oopbreek ?
Nee lewe is gekompliseerd . Sommige sal se “ Die lewe is soos ‘n hoender stellasie , Mankoliekig en vol mis” Terwyl ander sal se “ Ag ek verdien om swaar te kry , dis in my gene en bene .”
Dan kom daai persoon wat sy eie seer wil wegsteek agter die tandepasta glimlag en uitbasuin “Ek lewe voluit “ , net om as niemend sien nie ,in ‘n hopie te gaan sit en krepeer.
Hoekom wil ons altyd die uiterstes beleef . Of ons ploeter voort in die stof strate van die lewe of ons vlieg met ons gebreekte vlerkies maar weer teen die venster van seerkry vas.
Kan ons nie ophou om ons eie seer en pyn raak te sien nie en op ons tone gaan staan om oor die omstandigheids muurtjie te loer en te sien wat buite ons sfeer plaasvind nie.
Ek weet nie waarom ek die skrywe , skryf nie , dalk omdat ek hoogs verveeld en gatvol hier agter my rekenaar sit en nie weet wat om met myself aan te vang nie.
Soos ek gese het , “Ons is met niks tevrede nie.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.