Jongste aktiwiteit:

Jy wapper aan verlang se mas

Deur die mure van my hart se seer
wil ek die doodgaan van jou weer
daarom beur ek uit my blinkblaarbos
weg van die wreedheid van die waarheid
van die doodgaan sonder klaarheid
en ek asmahyg my trane los
benoud oor nié die dobbelsteen verstaan
wat die een laat lag; die ander weer laat traan.

En my oë swem vinpotig in jou tranepoel
oor ek opstandig nie die dood in jou wil voel.
Tog betowerend en mooi die woorde
van jou swanesang as jy huiwerig bang
jou skryfgoed tooi met fyn akkoorde
wat heilig in die ewigheid bly hang…

Jy’t pennestrepe deur my hart kom trek;
landskappe aan my onbekend
-maar borrelende maakbekend-
met enkellyne oop kom vlek;
my lewensvlakte wyd getrek.

…Maar net vir nou soek ek asiel
by jou as vrou teen selfverniel
se voornag grou se blou-bleek-kou’
want die doodgaan van jou siel
wapper aan my hart se mas
en jou doodgaan-asem word my wroeg se kiel
wat in verlang se skommelbranders plas.




8 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed