Distels verstrengel
By ‘n rou rivier se droogloop –
het sy gisterspore hertrap
maar die berg het lui gehuiwer
om weer bitterwater te tap
In diep, donker dennewoud –
op die koel, klam naaldtapyt
het sy weerloos kruisbeen loop sit
met haar mandjie propvol verwyt
Onder die Apiesdoring- sambreel –
desekteer sy die lewe in geheel
dis daar waar die goudvlerk engel
haar distels en dorings verstrengel
3 Kommentare
-
Anze
hierdie is PUIK!!
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
neels
Pragtig evelyn