
KARMA
Jy hoef nie daaraan te glo dat dit ‘n werklikheid moet word nie. Lui die volgende gesegde of uittreksel uit die bybel ‘n klokkie?
“Wat jy saai sal jy maai?”.
Die lewe se dollos val partykeer reg en partykeer verkeerd.
Party mense sal sê dit is net geluk of ‘n kans wat hul gevat het.
Jy het seker al baie in Afrikaans gehoor dat mense sê, ” die geluk was aan my kant”.
Dit is alles idiome en gesegdes wat nog nie uit die afrikaanse woordeskat met wortel en tak uitgeroei is soos baie ander dinge nie.
In baie kulture in ons land word sangomas gebruik om die dolosse te gooi dat leiers en families kan sien wat die toekoms gaan bring of hulle raadpleeg hulle voorvaders. Wat beteken dit nou eintlik as die dolosse verkeerd val?
In my beskeie opinie is dit wanneer dinge in jou lewe nie reg uitwerk nie.
Ek glo in karma omdat die lewe net een reël het. As jy nie die les leer nie herhaal die lewe sekere gebeurtenisse tot jy die les leer. Daar word nie verniet gesê dat ‘n leë beursie en honger maag jou meer lesser leer as die klim van bergpieke nie.
Wanneer jy besef jy het ‘n verkeerde besluit geneem het die dollos reeds verkeerd geval.
Kan jy dit regstel?
Ja, ek glo so. Deur die les te leer maak jy nie dieselfde fout twee keer nie.
Mense met goeie harte moet self die lyn trek tot waar hul goedheid streak want mense wat vat het nie grense nie. Hulle sal aanhou vat tot jy is waar hulle is en dan hul rug op jou draai.
Die dolosse van die lewe gee jou ‘n keuse.
Jy mag die keuse vertroetel, jy mag die eerste skuif maak en gooi.
Daarna is dit uit jou hande. Hoe hy val is die verantwoordelikheid van jou keuse. Daar is nie plek vir emosies in besigheid nie, Dan is jy gouer bankrot as wat jy begin het.
Mense sal altyd op ander se gevoel speel, hul sal altyd kyk wat hul uit jou kan kry. Dis die lewe, dis die pad wat jy moet loop.
Die lewe is ‘n leermeester op sy eie.
Die canvas wat met jou geboorte die eerste verf strepe trek.
Daarna is jy in beheer van die verfkwas. Moenie enige iemand vertroue om jou lewe te skildery of die dollos vir jou te gooi nie. Neem aksie en beheer en waag daardie eerste tree van doen om vandag beter as gister te wees.
Leef jou lewe of die dollos nou reg of verkeerd val.
Dis om Soos op ‘n boot te wees in ongure Weer.
Jy Gaan nie in die water spring nie, nee jy gaan die kaptein van die skip vertrou.
So plaas jou lewe in God se hande en vertrou Hom wat die storm kan stilmaak.
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, dankie vir jou bydrae vir Februarie 2024 - Dolos projek