DAAR WAS STILTE
Jy kon ‘n speld hoor val
stilte was swanger voor die baarkreet
vrees in die oë van die wat uitoorlê is
wette word verander
meer word weg geneem as gegee
die aankondiging blêr krakerig oor die radio
versteen in afwagting
die aankondiging volg
teleurstelling sypel nes ‘n dief deur my liggaam
dis gee en neem in die geval gee jy alleen
die dollos word gerol deur ‘n blinde man
die dowes klap hande
die toneel word weer vir ‘n termyn gespeel
blinde man met ‘n stok
lees hoor en voel die haat wat in die hart van die dollos klop
@Loret Zwarts
Bronsgradering
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, dankie vir jou bydrae vir Februarie 2024 - Dolos projek