DIE NOODLOT
Die dollos skarrel oor die tafel
in ‘n vierkant uitgekeep slaan hy bolomakiesie
is die sweet bitter wat pêrel op my voorkop
stuur my skip af op die dollos van vernietig
ek weet nie meer wat reg is nie
ek weet nie meer wie ek is nie
my knieë val stomp teen die grond
my woorde is nes die kolletjies op die dollos
my gebed breek af in een woord sinne
maak my weer mens
laat my weer voel
hoe om iemand te wees
@Loret Zwarts
Bronsgradering
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, dankie vir jou bydrae vir Februarie 2024 - Dolos projek