Jongste aktiwiteit:

Weg oor die horison

Die weg oor die horison

Oppie gesigseinder
hang die bloedgoudband van skemer
nag klop klop aan aand se deur
stilte het dag se geroesemoes kom versteur.

Oppie horison
lig maan sy blink lyf soos ‘n wafferse baron
sterre soos stringe diamante deur donker gebeur
en hang aan nag se koepel in volle fleur.

Oor die koepel se rand
loop maan, sterre en planete hand aan hand
van wes na oos, tot son weer sy glimlag ontbloot
daar vêr, in horison se boot.

As nag sy laaste asem uitblaas
kom sit son sy mooiste geel blom in horison se vaas
vul ‘n hemelruim met die koelste blou
en glinster goudgeel in die oggend dou.

C Diederiks ©




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed