Jongste aktiwiteit:

  • Ricco het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Anze en Profiel foto van RiccoRicco is nou vriende

  • Ricco het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Ricco het n geregistreerde lid geword

  • Amanda het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Colin het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Jessica Venter het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Anze en Profiel foto van CHRISTELLECHRISTELLE is nou vriende

  • Anze het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • MC Horak het ‘n nuwe publikasie gemaak

DIE KAROO

DIE KAROO

deur beaufort wes
het ek geloop
met my koffer
wat squek sqeuk
maak en my transistor
in my ander hand

op pad na oudshoorn
se army kamp
want ek moet daarnatoe
om te rapporteer
vir peleton bevelvoerder
kursus by die infanterieskool

gelukkig kry ek n lift
uit die dorp
tot by die afdraaipad
na Meiringspoort
daar staan ek toe
met my koffer
en my transistor
op fm getune
en dink aan brolloks
en bittergal van
langenhoven faam

die camel sigarette word min
soos ek wag
al die karre skiet verby
op die kaapse pad
en ek wag en wag

n vodde volksie kewer
draai af en my duim
skiet op
hy ry eers verby
maar draai om in n stofwolk
om my op te laai
op pad na Meiringspoort

die son trek water
die ses volt liggies
kom aan
hy neuk elke nou en dan
van die pad af in die poort
want hy kan nie goed
sien nie

deur spookdrif en elke
ander draai
is ek benoud
ek ken nie sy naam nie
as ons sou verongeluk
sal ek nie weet wat om te
se nie

uiteindelik maak ons dit
deur Meiringspoort
ek is seker dat iets het op
die agtersitplek saamgery
toe weet ek hoekom
het hy my opgelaai

ons skiet deur de rust
ek ek sien vir n breukdeel
die pers olifant langs die
pad
maar vir stilhou is daar nie n kans

die liggies van Oudtshoorn
wink en meteens is
ons daar
ek is lewendig deur
die beproewing van Meiringspoort

n sug van verligting
ontsnap my
toe ek uit die volksie
val by die army kamp se
hek
het dit gemaak weet ek toe

nooit weer sou ek daai pad ry
sonder om te dink
aan daardie
ysigwekkende avontuur
in die karoo




Hou daarvan om storielyn gedigte te skryf as ek dit sou kon beskryf. Die mense wat dit lees se dikwels hulle "sien " dit in hulle gedagte wereld. My gedigte is op n blog http://gedigtevirjou.blogspot.com wil jy nog meer daarvan lees net vir die lekker daarvan

1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • Ricco het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Anze en Profiel foto van RiccoRicco is nou vriende

  • Ricco het ‘n nuwe publikasie gemaak