MY TWEEDE SEUN
GEBOORTE
dit is net voor ek ingaan
om my tweede kind te kry
ek voel gespanne
en woorde kom uit my mond
uit wat ek nie wou se nie
ek voel so alleen
al is almal daar
my ma my man my eerste
kind
sal hul ooit verstaan
wat in my kop aangaan
hulle se jy gaan ok wees
hoe weet hulle?
ek bid sommer oopoog
dat die Here my moet help
want hy ken my
en is my redder
hier op twyfelfontein
meteens is hulle daar
profesioneel en flink
word ek voorberei
die bed begin beweeg
n laaste handdruk
n laaste oogkontak
en die proses begin
en ek weet daar is nie
omdraaikans nie
die dakligte flits verby
en ek maak my oe toe
Skielik slaap ek sonder dat ek wou
ek wil nog dink
maar die medisyne doen hul
werk.
My oe gaan oop
en ek hoor die geluid
van n nuwe stem
gelukwense word gese
maar ek wil weet
is hy ok is hy ok
dit voel vir my of
daar nie eerlikheid is in die
ja nie
Ek word gewys hoe lyk
die nuwe seun
en ek voel rustiger
want ek het gesien
my gedagtes fladder na
of hy ook so fluit soos
my eerste een
ek is nou beter wakker
en hoor hy is in ICU
wat nou hoekom?
dit was die geboorte van my
tweede seun
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Jy beskryf die vrese van n moeder baie goed