Jongste aktiwiteit:

SONDAG MIDDAG OM TWEE

SONDAG MIDDAG OM TWEE

dit is sondag middag
om twee
op die plattelandse dorpie
ek stop agter jou
by die vulstasie
omdat jy vir my gewink het
en nie net gewaai het nie

die joggie gooi petrol
ek drentel saam met jou
in die shop
omdat jy gese het
kom saam met my

my oe is op jou waar jy
eet en drinkgoed
bymekaarmaak
en ek is soos n hond
wat sy baas volg
al gaan sy waar ookal

buite is die joggie klaar
en ek weet die
vertoef van n minuut of twee
is verby

ek wil omdraai en loop
en jy se skielik
ek wil n druk en soen he

alles vervaag om my
en slow motion neem oor
soos in die moewies
net ek en jy
in mekaar se arms

voel jou sagte lyf teen my
aanstuwe
jou mond soos
nektar teen my

Nou word ek wakker
uit my droomwereld
en ek is verstom
dat jy my so verower
sondagmiddag om twee




Hou daarvan om storielyn gedigte te skryf as ek dit sou kon beskryf. Die mense wat dit lees se dikwels hulle "sien " dit in hulle gedagte wereld. My gedigte is op n blog http://gedigtevirjou.blogspot.com wil jy nog meer daarvan lees net vir die lekker daarvan

1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed