BEPLANNING ARMY STYLE
BEPLANING ARMY STYLE
In die beplanningskamer
is die kaarte van die
aanvals zone opgeplak
rooi vir vyandelike magte
van kubane en hulle
meelopers
met hulle lugsteun
en Russiese adviseurs
blou vir eie magte
se veggroepe wat ontwerp
is vir vuurkrag
wat dit kan lewer
die infanterie is n bataljon
sterkte
toegevoeg is n battery
G5 kannonne
met n eskadron tenks of
pantserkarre
genie en sein vorm ook
deel van die veggroep
in die beplaningskamer
word die vyand
se plan in detail uitgewerk
sodat eie magte hul
oorwinningsplan kan maak
afmarslyne word gemerk
roetes na die gevegsgebied geplot
lugsteun word uitgewerk
om op kritieke tye
die vuurkrag te kan lewer
die generaal luister aandagtig
na die vyandelike plan en dan na
die eie magte plan
sodra die plan goedgekeur is
sal die orders begin vloei
tot op die laagste vlak
die beplanning is voltooi
nou is dit tyd om op te bom en
reg te maak vir die aanval.
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
goed gepen