INFANTERIE GEVEGSVOERTUIG
IGV
IGV beteken vir n soldaat
n Infanterie Gevegsvoertuig
sy noemnaam was Ratel
en sy naamgenoot
is gepas
daar was n tyd dat ek sy
stats geken het
van sy gewig tot elke
detail
van sy lyf
tien man kon hy toemaak in sy maag
wanneer jy in n ratel ry
hoor jy daai enjin en voel jy daai krag
al hoor jy dit in die middel van
die nag
dit is n klank wat jy nooit vergeet
die stotter van sy 20 mil was vir
jou n deel van hom
sy vuurkrag het jou
ondersteun
as jy moes uitstap
vir die geveg
in die oorlog van gisterjaar
was die ratel jou huis
as jy aan die operasies
deelgeneem het.
ratels was die
kern van die mag
soos by 61 Meg
daar was ook ratels 90
wat n pantserkar loop
op gehad het
met brownnings
as bondgenoot
Vir bosbreek is hy ook
voorberei
vir die Afrika toestande
van bome en bosse met
geen paaie.
ek “sien” nog in my oog
die troepe met hulle strak gesigte
en R4 in die hand
ek “sien ” nog die toring met sy leier
as die ratel skommelend
deur die veld heg en steg
met antennas wat heen en weer
wieg
die ratel sal altyd
vir my spesiaal wees
want hy het n plekkie
in my hart
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
gisteroorlog.. dis so mooi gestel.. puik gepen