Wolwe van donker uur.
Wolwe huil, hul roep jou naam. ’n Plan probeer jy beraam. In woude van woorde bou jy ’n bestaan, iets wat nooit kan vergaan. Elke tree stap jy in geloof, wetend iemand wil jou geluk beroof. Al wat tel is jou bestaan, soveel wat agter jou bly staan. Woude bestaan nie net uit dood en […]
Daar waar geld nog slaap
Waar Geld Nog Slaap O Ryno du Plessis 2026 In ‘n land wat geld’nog nie kon koop, staan familie saamgeknoop. Kinders speel in stofstrate, self getrap. Huisies van klei het hul geplak. Saans, as die son gaan slaap, die maan oor die berg kom loer, brand kuiervure voor die kleimure. Ure vlieg verby. Op die […]
Hart vir die Karoo
Soveel keer word ek stil en droom van ’n lewe teen die hange van die Outeniqua-berge van die Klein Karoo. Waar harte van kuns leef en die Kangogrotte harte betower. Om die draai van die Knysnawoud, daar waar ’n siel rus vind. Klein Karoo, ek voel elke tree op jou velde, voel die grootheid van […]
Inkdief
Inkdief ○ 2026 Ryno. Alle regte voorbehou. ” Op jou perd galop jy deur my hart se woorde. Jy beleef die gevoel en liefde.Elke letter skree jou naam, want jou siel praat saam. Uit my kluis van woorde raap jy alles wat jy wou hê. Plunder my naam asof dit nog nooit bestaan het nie. […]
Eendag as ons groot is
Eendag as ons groot is ○ 2026 Ryno. Alle regte voorbehou. ” Saam het ons gedroom, ons gaan om die wêreld toer. Wilde Weste tot Parys,iewers Grieks, daar gaan ry ons fiets. Jy verkies wel vlieg, maar ek moet bieg: vaste grond, daar ry ek eerder rond. Met my ou rooi tjor sal ek jou […]
Spalk van geloof
Spalk van geloof ○ 2026 Ryno. Alle regte voorbehou. “” In beperkte geloof dwaal jy rond.Slegs dit wat jy glo, is reg. Dadelik reg vir ‘n geveg, sou die verse jou nie pas. Vervloek tot die hel is almal wat durf om jou anders te vertel. Jou Bybel, met enkele verse, is jou swaard. Jy […]
afhanklik
aan jou heeltydse krag soemende, skreeuende trag uitspattige, verslawende wees uitgillende stilte, as jy weg raak totaal-en-al verslawend is jy sonder jou kan my mond skaars oopmaak of brei maak nie saak waar jy is byna onmisbaar in jou afwesigheid verdwyn gemak ontvries my hele siel © Tearlach. (Na 24 uur se […]
Die najaar
hang sy verkreukelde mantel op in die kas waar my klere soos herfsblare hang rooi en oranjegeel en roesbruin geordend in rye tussen rakke vol herinneringe en laaie met verkleurde woorde elke hanger dra ’n seisoen van my lewe en in elke hemp se vou is ’n strofe nostalgie toegevou ’n leë hanger herroep die […]
Orde
Rak vir rak ek stof en pak ou emosies verlore liefdes wat ek moes en sou van toeka tot nou my foute en flaters hartseer se kraters tot my lewe nommerpas in my brein se kas.