haikoe
dis winteroggend – ‘n skoot klap in die Vrystaat, warm bloei ‘n bok
Blom
soek vir my ‘n blom gepluk langs die ou grondpad benat met liefde
liefde
ek smag na jou sagte aanraking jou oë vol deernis omgee liefdesag my sielemaat my eenword maat ©Wilma
Vuurdans
In lentefleur-trans dans vuurfeeks verleidelik deur winddroog grasveld ©Loretta Szikra
Rook en Kersiebloeisels
Die swaard val uit haar hand uit. Dit is verby. Yuki kan nie glo dat sy gefaal het nie. Die katana glim in die dowwe lig van dagbreek. Haar opponent se donker oë bly emosieloos. Sy kan nie glo dat hierdie vreemdeling die geheime van die swaard beter ken as sy nie. Sy was die […]
Son dank
gletser water drup somer sonskyn bevrydend winter selle oop ©Vossie
Waterstroompie
helderskoon water vloeiende oor skurwe rotse vloei weg in ‘n stroompie van lenteson ©Wilma
Wintertyd
herfsblaartjies fladder neer op die blaretapyt saggies gaan lê nou is dit wintertyd die bome gaan rus ©Wilma
gewete
het ek maar geweet dan sou ek nie gedoen het spyt kom altyd laat ©Teárlach
see
golwe val bruisend op my lippe die soutsmaak wit soomstreep op strand ©Teárlach