Jou soene
Onthou jou soene vir my soos stroopsoet nektar uit die dor Hantam
Haikoe (2)
Goud grasklokkies fluister en wals in die lentewind – ék, asem jou naam © Carma Shaw
Haikoe 3 (Silwer gradering)
Vriend’lik geel die lig van die kers se flikkervlam … pynlik tog die skroei
Haikoe 2 (Silwer gradering)
Skadulose boom met kaalgestroopte takke is ek sonder jou
Haikoe 1 (Silwer gradering)
Soos dou in die gras in die vroeë oggendson … ons verganklikheid
SUN EN MOON SE AVONTURE
Sun en Moon is twee dwerg olifantjies wat diep in die Japanese oerwoud woon. Hulle mammas is susters. Daar is nog ‘n hele paar klein olifantjies in die trop. Maar Sun en Moon is baie groot maats. Die oerwoud is vol lewe. Daar is voëls, insekte en diere. Die watergate is die twee maats se […]
Liefde
Tydlose liefde winter, somer, lente, herfs ons vir ewig saam © 2018 Caren Kearley Kopiereg voorbehou
Vlietend
vlerke flits sonlig kleine windswael suidwaarts trek winter vlugtend groet ©Vossie
Winter skets
as ek kon sou ek vir jou die winterson skets rooi geel somerstraal ©Madzi
TSOENAMIE
Kento voel die trilling onder sy sitvlak waar hy in hul woonstel op die sestiende verdieping van ‘n wolkekrabber speel. Vraend kyk hy na waar sy ma besig is om wasgoed op te vou. “Het Mamma dit ook gevoel?” wil hy met groot oë weet. “Ja, maar vergeet dit. Dit was seker ‘n aardbewing. Sit […]