Sy en Saffraan
My naam is Berke Khan, en ek is die Generaal van die Mongoliese weermag. My land is die land van die ewige blou lug. Die land van die Bactarianse kamele, met twee boggels. Die wêreld se beste perderuiters, en ons roem daarop dat gedurende die Nadaam fees al die mans deelneem aan ons drie nationale […]
‘n Japannese dis met ‘n kinkel.
Kyk as daar nou een ding is wat my fassineer, dan is dit Japannese kos. Hulle noem nie verniet Japan die wonderland van kos nie! Hulle disse is nogal ‘n mengsel van geure en kleure en vrek interessant, om nie eers die name daarvan te probeer opnoem nie! Ons is gek daaroor om sou nou […]
Swyg (Haikoe)
ek verswyg jou naam in geskrifte van my leed – net die spasies weet
JAPANESE TOILET
Die Japanese toilette is ‘n heel belangrike item in elke Japanese huishouding. Daar is verskillende soorte. Sommige werk met knoppies, verhit die water, het ‘n wasbak wat as combo dien. Ja, en daar is dinge wat daarmee saamgaan. Die elektriese toestel wat teen die muur geinstalleer word. Knoppe vir vroue, knoppe vir mans. Dan is […]
Kintsugi
Soms moet ek met alle mag die begeerte onderdruk om iemand aan die skouers te gryp en hom/haar ‘n goeie ruk-skud te gee. Skrik tog net wakker! Tweede beste ding om te doen is seker om stil te sit en te wag dat die gevoel iewers moet wegsyfer, tesame met die wete dat nie een […]
Haikoe (3)
Goud liglose einders – skepe verdwyn in die mis oor maanligwaters © Carma Shaw
Afskeid
Dit wat lank reeds was moet ek laat vaar en toeverf met my afskeids-kwas.
Haikoe wat wuif
Oë wat nie ontmoet, Vergete winters-woorde; Moes ons vanaand groet.
Bitter – soet (Haikoe)
ons afskeidswoorde toe winter ‘n lente baar: bitter – soet jasmyn
Nuwe lewe
geneties gestoor – ‘n broeiende begeerte ontluik tot lewe