Asagao – brons klas
‘n band van liefde verweef die son se warm gloed kortstondig jou blom ©callie 2018
Elegansie (Brons klas)
rooikroon kraanvoëls dans oor sneeu bedekte mere Ume vol in blom ©callie 2018
Een maanlignag
maanligstrale blink weerkaatsend op oosterkim ek en jy tesaam © Anzé Bezuidenhout
Tsubaki (Brons klas)
ek gee jou somer vol van pienk Camellias glimlag vir die son ©callie 2018
Somerson
Somerson ontwaak met droombeeld van soet jasmyn naas ‘n winterhart ©Loretta Szikra
Winter se gô is uit
met winter geblus – ontbied die lentebries sag somer tot opstand ©Loretta Szikra
Augustus 2018 – Haikoe projek
Beste INKers Hierdie maand wil ons die haikoe vorm beproef. Vir inligting: ” ‘n Haikoe is ‘n tipe digvorm (ontleen aan die Japannese digkuns) met 5 klankgrepe (soos lettergrepe) in die eerste reël, sewe in die tweede reël en weer vyf in die laaste reël. Gewoonlik is daar ‘n verwysing na ‘n spesifieke seisoen êrens […]
Spore in die kraal
(Opgedra aan Oom Wals) Tussen Vrystaat grondpaaie, en Weskus draaie Lê die verlange in gedagtes soos skaduwees rond Onder rёenlose blou lug dae en geploegte grond Is die dae gevul met herinnering in die baai van die hond Soveel drome lê verlore in ‘n melk kraal se spore In die koffie en beskuit, ‘n gister […]
Bitterbos se blou
my hongerhart het dorstig elke druppel van jou koue liefde verslind my siel was deurdrenk deur jou ysige woorde wat my soos wind verwaai maar in die ys van jou beloftes het krake verskyn met jou ysgletser woorde wat diep kepe kerf het jy my hartskranse toegesneeu onder jou sneeustorting was ek vasgeval en verkluim […]
By my kampvuur (Silwer gradering)
Vanmore, voor die daglumier – die maan het aan die hemel gehang – voor die fisant se eerste roep het my keteltjie reeds gesing in die geel lig van my vuur Kom drink met my ‘n beker koffie in hierdie goue oggenduur wag met my die rooidag in kom vryf jou hande oor die gloed […]