Jongste aktiwiteit:

Augustus 2018 – Haikoe projek

Beste INKers

Hierdie maand wil ons die haikoe vorm beproef.

Vir inligting:

” ‘n Haikoe is ‘n tipe digvorm (ontleen aan die Japannese digkuns) met 5 klankgrepe (soos lettergrepe) in die eerste reël, sewe in die tweede reël en weer vyf in die laaste reël. Gewoonlik is daar ‘n verwysing na ‘n spesifieke seisoen êrens in die gedig. “
Om die uitdaging nie té kompleks te maak nie, is daar GEEN tema voorskrif nie. Verras ons met jou kunssinnigheid.

DIGTERS:
Skryf ‘n Haikoe oor enige tema.

SKRYWERS:
Ter viering van die Japanese digvorm hierdie maand wil ons ‘n storie hê wat in die Ooste afspeel.

RUBRIEKSKRYWERS:
Skryf ‘n rubriek oor enige Japanees-eie gebruik wat jou fasineer.

Ek sien uit om julle vaardigheid te beleef.
Skryf in Afrikaans – dis die mooiste stem!
Projekbestuurder

*ONTHOU ASB SLEGS 3 INSKRYWINGS PER LID PER AFDELING




Woorde is my asem en skryf my passie!!! Ek waardeer elke stukkie kritiek, verkieslik positief, maar kan die negatiewe ook hanteer. Dankie dat jy die tyd neem om na my werke te kyk en dit te beoordeel. Ek is n Boeremeisie in murg en been... mal oor die wye natuur van plaaslewe wat my omring Ek is getroud met die wonderlikste man (Willie). Ons is geseend met 3 pragtige dogters en 'n kleinseun en 3 kleindogters. My verhouding tot my Skepper loop baie diep en ek dank Hom elke dag vir al die voorregte en genade gawes wat ek so onverdiend ontvang... Loutering is deel van my lewe en ook daarvoor dank ek Hom daagliks want dit maak dat daar altyd groei in my lewe is...

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed