Opdrag 4: ek is naby
ek lê ‘n wit veer voor jou voete neer…
was ek maar wyser sou ek meermale luister
na jou stem – fluisterend op die wind –
wat my soos ‘n sipres in eden se lanings vind
my seer gees salf met lawende elikser
sodat ek my eie pyn stom verslae neerlê
aleer ek (nogmaals tuimelend) faal in my icarus oomblik
om ‘n wit veer voor jou voete neer te lê
©callie 2018
10 Kommentare
-
-
Anze
Pragtig, dankie vir jou deelname aan die Pendoring 2 / INK kompetisie
-
Driekie
Dis pragtig, Callie, diep uitgehaal.
-
Caren Kearley
Pragtig, teer geskryf Callie
-
Loretta Szikra
Ek hou baie hiervan Callie. Pragtig gepen.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Viooltjie
Goed geskryf, Callie :-)