Jongste aktiwiteit:

DIE HANGKAS

DIE HANGKAS

Gesondheid! Tee is darem maar die tweede beste ding sedert nougat ( enne peanutbutter) uitgevind is! En….. en, nê; voordat ek vir amper kestamper drie dekades (toe hulle my die dogter en minares van die duiwel gemaak het) ‘n hoerlike gemors vasgekruisig was in elcheappo se gatsak was ek nét ‘n doodgewone dogtertjie. ‘n Rabbedoe met vlegsels (en ‘n niekerbôl in die kies) wat gehou het van boomklim en om soos ‘n warrelwindwaai saam met haar hond rond te hardloop. Die Faikontakoningin van Feetjieland wat marvelstruckt goeters en wonderwerke kon waarmaker maak met haar vermoë om te kon faikonta.
‘n Dogtertjie met ‘n GROOT droom; so groot dit kon amper kestamper nie binne-in haar hart ingepas het nie. Honor bright; ampertjies nie eers nie…… Bokkie my babie – kan jy ‘n geheim hou?….Goed. Elke aand het Lewe Jesus na die ou Ghwarriegat toe gekom. Hy het nie omgegee vir die vuil grond van die Ghwarriegat op Sy wit klere nie, of taai swietsvingertjies aan Sy hande nie; vir die traan van `n feetjie in Sy baard. Hier het die Messias van God elke aand kom wonderwerke doen. Kom liefhê en van die Hemel kom vertel. En Hy het my persoonlik aangestel as die Ghwarriegat se beskermvrou. Is! Sy beskermvrou van die wat eina gehad het; toe ek nog eers klein gewas het. Sý GhwarriegatQueen! Wil jy ‘n stukkie evangelie hoor…Jesus, nê, was my Hero. Daai Man met Sy spierewit, forse Arabierse reisiesperd en daai….. daai Slowfire Forever Burning in His Eyes. Ek was die liewerste lief vir Hom! Honor bright – ek sou vir Hom die son se vuur met my kaal hande gaan blus het – as Hy my sou vra. Hy, die liefsteling van my siel, my hart se Lam!
O, my hart se Vlam! Eendag se eendag dan gaan ek nog met Hom trou, het ek altyd vir my ma gesê en dan het sy so op haar mooi mawees-manier vir my probeer leer om nie ydel te wees nie. Maar, huh-uh, dit was nie ydelheid nie (honor bright, dit was nie.) Ek het mos geweet Hy’s God, die Messias. Heilig en Enig in Sy soort, nie my speelmaat nie – en ek weet dit vandag nog. Maar as my vrouwees liefhet het sy lief en as my gees liefhet dan het sy lief; klaar en finish!
In nie aand wanneer ons klaar was by die ou Ghwarriegat het ek altyd op Sy voete gedans. Ja, gedans; waarom Iyk jy so verbaas….I am the Lord of the Dance, said He. Gedans tussen die sterre, verby planete. Op die soom van die son se vuur – in ‘n rok van die maan se lig en die pêrels in Sy hart. Vir die engeltjies soentjies geblaas en vir Meneer gewaai (Meneer is Liewe Jesus se eie, persoonlike Pappa, man.. Die grootmense se: Almagtige Hemelse Vader en God, het net te bangmaak vir ‘n kleindogtertjie geklink, toe noem ek Hom maar uit respek: Meneer). Vandag is Hy my Pappa en ek is Sy blou-oog meisiekindmens; maar hier diep binnekant in my hart is Hy steeds mý Meneer.
En Sy Seun my Held op Wie mond ek altyd tjoklitbeksoentjies gedêps het en uit Wie se baard ek altyd sterretjiestof gekielie het. Hy het……….. ‘I danced in the morning when the world was begun.
And I danced in the moon. And the stars and the sun;’ Liewe Jesus – my Hero.
……… Hero, laat die tee nog ‘n bietjiester bietjie langer hou, toe; blief.
Ekke wat in ‘n hangkas kon klim en agter daai toe deur kon faikonta ek het ‘n verlore skatkamer ontdek binne-in die hart van my geliefde Feetjieland. Daai nou, donker spasie wat in my dogtertjiehart die grootsheid van die ganske wydheid van die kosmos kon wees – Liewe Jesus se eie, persoonlike Warriorqueen wat wegkruip binne-in die middelste middel van ‘n GROOT donderwolk. Haar wilde, glorieryke krygswa waarmee sy elcheappo agterna sit om hom bloedbek te gaan slaan – simpel blêrrie maaifoedie van ‘n 2gat jakkals! Eintlik het sy eers die heel meeste van al die tyd saam met haar Hero gegaan! Styf in Sy sterk liefnesarms voor op Sy eie, persoonlike forse, spierewit Arabierse reisiesperd. Salvador was sy naam en hy was die beste en mooiste perd in die hele aarde, nie die halwe aarde nie – die hele-hele aarde…..maar.
Maar dit was voordat daai dogtertjie eendag se anderdag sommer binne-in elcheappo se gatsak wegverloor geraak het. Is nie, dit was eers nie aspris gewas nie. Daai oom met sy spierewit (nes Salvador) kar en sy Liewe Jesus-kruis wat hy aspris onderste-bo in sy oor gesit het, het gesê hy gaan my Hemeltoe vat (oordat ek persoonlik self met Liewe Jesus, my Hero, moes gepraat het, cause why omdat en oordat Hy gedink het ek het aspris maklik en lekker geword, en ek het eers nie!) en… en…..
….enne toe vat hy my al die tyd Heltoe! Honor bright en rêrig, hy het. Is! ek jok nie eers nie. Maar…Maar; nê – daai Man met Vuurvlam oe het my uit daai blerrie platkop, tuitbek 2gat jakkals se kloue kom haal en my Sy eie persoonlike meisiekindmens kom maak!!! En nou klim hierdie groot dogtertjie binne-in die hangkas van Sy hart en daar ontdek sy enigmas van woord en aanraak; dinge wat drup van mistieka en ondeurgrondelike genade. Wonderwerkgoedters wat soos seesandspore branderbreek bo-oor die dors van jou toetentale wees.

Kyk mooi na jouself, liewe Bokkie my babie; en mag die vingermerke van die lewe vandag saggies lê teen die handbreetes van jou wees.
©Liza Daniells




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed