om die lewensjaar te groet
om die lewensjaar te groet- vanaf dáárdie horison het ons saam gestap soos krieke al om die boom se voete ’n paadjie in sagte sand saam met haastige miere die lewe ge-padkaart nou skuifel ons rus-rus die laaste bultjie oor want anderkant wag die nuwe Horison ©adéle
aan elke roos
deur die fynbos vol vrolike heide sing die wind ‘n juigende noot, oor die velde van my hart blink doutrane aan elke roos ©adéle
Noudat gister verby is
Nóú wil sy weer haar eie lewe lei: Weer dooie blomme vanaf takkies breek, haar plante water gee (met voeding by), voel hoe die dorings van ‘n roos kan steek, verstom wees oor die kleur van nuwe groei terwyl haar hande – deur die son gevlek – bloeddruppels uit terloopse wonde bloei. Sy wil bidgoggas […]
God die kunstenaar
daar is meer kunste in die goue spiraal as in die visuele kuns en baie meer kunste in die oor in die fraktaal in die ontleedkunde en wiskunde in die oggendlig en in die natuurwoning die son wat in die uitspansel skilder in die lugstrale is daar baie meer tekening die wêreld is deur ‘n […]
Ware vreugde
baba se eerste tree skulpies skitter in die see kinders se skaterlag veldblomme se prag jong paartjie is verlief berge is die hartedief liefde soos oumenshande skildermooi lande geld is ‘n stukkie papier vreugde bring ware plesier © Roeline
Professor Snerp (‘n epiese gedig)
‘n halfbloed towenaar gebore op 9 Januarie 1960 vaal seun van Tobias en Eileen Snerp grootgeword in ’n Moggelwêreld Spinner se eind is die dorp se naam bly naby Moggels Evans familie sy enigste ware liefde is modderbloed Lily Evans verbode vrugte in die towerwêreld op 1979 in huis Slytherin gedeel by Hogwarts Skool vir […]
Die man met die ligblou oe. Episode 2 – Deel 3
Die man met die ligbou oë. Episode 2 – Deel 3 Daniel ry die stofpad deur die lemoenboorde tot by die ingang van The Lodge. Op krakerige klippies stop hy en klim uit. Hy dra ‘n wit hemp, swart broek, ‘n lang swart leer jas en ‘n leer pet op sy kop. Soos hy uitklim […]
Verlange na Eden
As die lewe sy harteloos suidewind kom draai en seer in ons harte in waai die reuk van die liefde se dood soos verdorde roosknop ontbloot die beddings met sy dood wil verfraai verwoes en vertrapte God-skepsels oor mistige eeue in trane verdrink hul stemme wat uitroep en kreun met trane wat lank reeds verdroog […]
Die man met die ligblou oe. Episode 2 – Deel 2
Die man met die ligblou oë Episode twee – Deel 2 Danielle Visagie stap strompelend en wiegend in die rigting van die badkamers. Die polsende klop van die musiek en die wiegende massa mense laat haar wêreld vreeslik draai. Sy wonder hoe drie drankies haar so kan beïnvloed. ‘n Vreemde ou wat na bier en […]
Splinternuwe jaar
Aan die begin van nog onvoltooide eindes kyk ek terug na die horison se skewe lyne tot waar die son, met sy strale my naam skrywe en ek ongemerk ‘n skoon droom oopskeur. Want soms as mens nog ‘n kans kry kan jy met vars kwashale oor jou hemelruim verf, eb en vloed oor onbekende […]