God die kunstenaar
daar is meer kunste in die goue spiraal
as in die visuele kuns en baie meer kunste
in die oor in die fraktaal
in die ontleedkunde en wiskunde
in die oggendlig en in die natuurwoning
die son wat in die uitspansel skilder
in die lugstrale is daar baie meer tekening
die wêreld is deur ‘n kunstenaar geskilder
© Roeline
‘n Pastiche van God die digter van T. T. Cloete
daar is meer poësie in die sneeuvlokkie
as in die letterkunde en baie meer poësie
in die miskruier in die toktokkie
in die meteorologie en entomologie
in die moremis en in die bergpiek
die horison wat in die hemel wegraak
in die rooswolk is daar baie meer liriek
die aarde is deur ʼn digter gemaak
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.