Jongste aktiwiteit:

Die man met die ligblou oe. Episode 2 – Deel 3

Die man met die ligbou oë.
Episode 2 – Deel 3

Daniel ry die stofpad deur die lemoenboorde tot by die ingang van The Lodge. Op krakerige klippies stop hy en klim uit. Hy dra ‘n wit hemp, swart broek, ‘n lang swart leer jas en ‘n leer pet op sy kop. Soos hy uitklim sit hy die geel bril op en neem die persoonlikheid van Felix weer aan. Hy stap met ‘n swaaierige houding na die voorhek, kyk die reuse wag direk in die gesig en groet vriendelik. “Howdy…ahhh, the bag, yeah, that’s the dough…” en hiermee gee hy die seilsakkie met die dollars aan die man. “Oh…yeah…Wabichi!…” lag hy en skud sy kop. Die sak verdwyn in ‘n gat in die muur, die hek gly geruisloos oop. Daniel stap binne en voel skielik asof hy in die leeukuil ingeloop het.

Daar is ‘n grasdak lapa aan die linkerkant. Mans in verskeie modes staan rond en gesels onderlangs. Meeste van hulle is buitelanders, daar is ‘n Indiër, twee Arabiere, ‘n groep at lyk soos Russe en ‘n paar ander, ongeveer 22 in totaal. Daar is 4 konkas in die oop ruimte aan die regtekant, daar brand warm vure in die konkas en die vlamme dans teen die bosveld agtergrond. Die hele plek is met ‘n paalheining omhein, maar Daniel sien die muur met die elektriese heining agter die pale. Hy sien ook die kameras wat die gaste dophou. Hy stap na die kroeg area en bestel ‘n bier by die swart kroegman. ‘n Lang donkerkop in ‘n styfpassende lang swart rok en hoë hakke kom staan langs hom. “Felix, I presume” sê-vra sy en hou haar hand uit vir ‘n groet, “I’m Lucy, your hostess, welcome”. Felix neem haar hand en gee dit ‘n ligte druk, “Thanks love” antwoord hy. Sy handig hom ‘n plankie met die nommer 6 duidelik daarop uitgebrand. “Your number” sê sy en soos sy wegstap na die oop area kyk hy op sy horlosie. Dit is 23h50, dinge is op die punt om te begin. Lucy stap tot amper by die vure en draai na die groep manne. “Gentlemen, your attention please. We are about to start, you all have your numbers, the increment is two hundred thousand American dollars minimum. Trading will take place in English, any questions?” Sy kyk vraend na die manne, maar niemand sê iets nie. “Okay, let’s begin….” sê Lucy en gaan staan weer teen die kroeg.

‘n Man in swart broek en hemp kom tussen die vure te staan. Hy kyk na die gaste en begin dan die prosedure deur sy hand op te lig asof hy iemand nader nooi vir ‘n dans. ‘n Meisie met ‘n donker vel stap aarselend na hom toe, sy lyk verskrik en haar swart hare is deurmekaar asof sy nounet opgestaan het. Haar oë is rooi gehuil en haar een wang het ‘n bietjie van ‘n swelsel. Sy is in ‘n ligte sjiffonlap wat oor haar een skouer hang, toegedraai. “Cindy…lovely, young, healthy and fit. Opening bids at one point two…do we have any takers?….ahhh..we have one point two…point four…point six….one point six million. Gentlemen…one point six million…anyone else?” Met dit stap hy nader aan die meisie en pluk die lap van haar lyf af. Haar bruin vel glimmer in die vlammelig en sy probeer beide haar skaamdele en haar borste met haar hande bedek terwyl sy skaam wegdraai van die gehoor. Die afslaer hou haar hand egter vas en dwing haar om half nakend reguit na die gehoor te draai.

“Ah…one point eight…two million, two million dollars gents. Two million for this beauty….two million…going once…twice…sold to number three for two million dollars!” kondig hy met ‘n wye glimlag aan. Die meisie word vinnig weggehaal deur ‘n swart werker en ‘n ander meisie neem haar plek in. Die meisie is in ‘n swart lap toegevou, haar blonde hare hoog op haar kop vasgemaak, haar een oog blou geswel. “Ahhh gentlemen, here we have Danielle…her beauty speaks for itself…can I be so bold as to start the bid on one point six…anyone…one point six…point eight…two…!” en die afslaer lag met sy vinger na die koper gewys. Die koper, ‘n oorgewig Arabier in ‘n swart pak glimlag breed. “…two two…four…six…” gaan die afslaer voort soos die Arabier en nommer 5, die Indiër, teen mekaar bie. Skielik roep die Arabier “Four million!” Die afslaer spring in die lug van blydskap en sy stemtoon skuif een oktaaf op, “four million it is…four million going once….four…” maar dan lig die Indiër sy nommer 5 bordjie en die afslaer verander sy aandag na hom. Hy wys met sy vinger na die koper, “we have four point two…” “No, point five!” korregeer die Indiër hom en glimlag wyd. Die Arabier skud sy kop en die afslaer slaan vinnig die bod op die Indiër toe.

Na nog twee meisies verkoop is vir etlike miljoene dollars elk, kom Jorike Gunther skielik na vore tussen die vure. “We have kept our best for last” sê die afslaer in ‘n hees stem, so asof hy persoonlik verlies gaan lei as die koop sou deurgaan. “The bid opens on four million dollars….four million gentlemen, anyone for…ah..four million we have…four two…four four…four six…four eight…four eight….anyone else…the bid is four eight to number 7…four million eight hundred thousand going once…”. “Six million dollars!” roep die Indiër duidelik uit. Die ander kopers stel nie meer belang nie en die bod word gesluit op ses miljoen dollar. Die mans klap liggies hande en die Indiër glimlag breed.

Lucy stap na vore en klap haar hande liggies om almal se aandag te trek. “Wonderful gentlemen, we thank you for your participation. Payments can be made to the cashier through the window at the door, remember only cash, gold or diamonds will be accepted. The exchange rates are without interest and according to current rates displayed. Goods may be collected as soon as payment receipts have been issued and lastly, the firm takes no responsibility for your goods after payment has been made, so look well after her. Thank you gentlemen, thank you” en hiermee verdwyn sy deur die deur waar die meisies in en uitgekom het. Daniel sit sy glas neer, en terwyl hy vinnig na sy voertuig loop skakel hy die Kolonel. “Alle kope is afgehandel, mense doen betalings, die teiken is hier, ek bevestig, die teiken is …” maar sy gesprek word in die rede geval toe hy sien hoe die Indiër met die twee meisies wat hy gekoop het, in ‘n Jeep klim en begin wegry. Daniel spring vinnig in sy eie voertuig en skakel die enjin aan, “negatief, teiken beweeg, teiken beweeg en ek agtervolg” maak hy die situasie duidelik. “Die twee voertuie op die grondpad moet deurgaan, dan kan julle toeslaan” verduidelik hy aan die Kolonel. “Regso” is al wat die Kolonel antwoord en dan gaan die oproep dood. Daniel ry sonder ligte agter die Jeep tussen die lemoenbome aan.

Skielik draai die Jeep na regs. Daniel stop voor die draai en kan die voertuig se agterligte deur die takke van die bome sien. Die remligte gaan aan en Dnaiel sien dat hulle langs ‘n groot skuur stilgehou het. Hy klim vinnig uit sy voertuig en draf tussen die bome deur tot teen die gebou. By die hoek van die gebou sien hy dowwe ligte. Soos hy nader beweeg hoor hy hoe ‘n vliegtuig se motor aangeskakel word. Hy sien hoe ‘n ligte vliegtuig uit die skuur na ‘n veld-aanloopbaan begin beweeg. Jorike en die ander blondekop is duidelik sigbaar in die agtersitplekke. Daniel glip vinnig by die skuur in. Terwyl die vliegtuig op die aanloopbaan sy enjinspoed opjaag en die vlieënier vinnig ‘n vluginspeksie doen, vind Daniel ‘n ander vliegtuig wat in die skuur staan. Hy klouter in die kajuit en begin na ‘n sleutel soek. Die sleutel vind hy op die sonskerm, maar hy wag tot die voortvlugtendes begin met hul aanloop voordat hy self aanskakel en hulle agtervolg.

Sonder vlugligte en met die radio heeltemal af, vlieg Daniel agter die Indiër en die twee meisies aan. Hy hou ongeveer twee tot drie kilometer agter en effens hoër as hulle, die moeilikste plek vir hulle om hom te gewaar. Na sowat ‘n halfuur se konstante vlug in ‘n oostelike rigting haal hy sy selfoon uit en rapporteer weer aan die Kolonel. In die agtergrond kan hy hoor hoe daar gegil en geskree word. “Dit wil my voorkom asof ons oppad Durban of ten minste ooskus toe is” sê Daniel. “Ons sal gereed wees, laat weet as daar enige verandering in jul rigting is” antwoord die Kolonel en skakel af.

Daniel laai ‘n kaart van Durban op sy selfoon en begin soek na landingsplekke om of naby die stad. Klein aanloopbane lyk asof dit die mees aangewese plekke sal wees, want hy twyfel of die smokkelaars by die internasionale lughawe sal land, hulle wil so min as moontlik aandag trek. Hy merk daar is drie moontlike landingsplekke wat volgens logiese afleiding dalk die plekke sal wees waar hulle gaan land. Hy skakel weer die Kolonel en lig hom van sy afleidings in. “Klaar gekyk, en ek stem saam. Ons sal gereed wees op al drie plekke, net in geval” antwoord hy.

Daniel besluit om te probeer ontspan en die vlug te geniet. Hy was nog altyd lief vir vlieg. Dit is 01h44 en hulle sal nog ‘n rukkie in die lug wees. Hy kyk rond in die klein vliegtuigie en vind ‘n koffiefles vol warm koffie sowel as ‘n pak toebroodjies. Hy kan nie onthou wanneerlaas hy geëet het nie, maar hy is nou honger. Nadat hy ‘n paar toebroodjies gehad het sit hy met ‘n koffie in die hand en let op die liggies van plekke en geboue wat ver onder die twee vliegtuie in die nag verbygly.

(word vervolg)

© Grootvissie
Januarie 2018




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • Anze het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • MC Horak het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • MC Horak het ‘n nuwe publikasie gemaak