Jongste aktiwiteit:

Kom Noordewind en Oostewind

Kom Noordweste en Oostewind

Dis reeds laataand en die
troostelose wind waai nog steeds
rondomtalie om en om die huis—
Dit suis deur die bome en
O, ek gooi sommer hierdie hartkamers
van my wawyd oop en nooi kom
waai maar deur en neem jul beurt
o noordwes reënwind
en droë oostewind—
Kom was die opgehoopte hartseer
en verlange uit o reënwind en
spoel skoon van hoek tot kant
elke sout traan wat al gestort is met
jou vars reënwater en maak dan
plek vir die droë ooswind om
alles weer te kom afdroog en
trek dan die deur saggies toe daar
is nie meer trane wat sal natmors nie—

Janetta – Helena [Babs] ©




2 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed