Kom Staan By My
Kom Staan By My
Vonkel in jou oë, warm oë brand in myne
Neem my hand en trek my teen jou aan
Sweet slaan my uit, lippe sensueel gesluit
Ek soen hom want ek kan dit nie weerstaan
Kom staan by my en laat jou arms gly
om my lyf
mmmm…..
Hou my vas en laat ons weer een word
want ek, is lief vir jou
oo so lief vir jou
Steel my hare en sê jy is ook lief, vir my
baie lief vir my en so sal bly
Ek voel so vry
vry soos n voël in die lug
Strek my arms uit na weer n begin
Liefde kan ek neem liefde kan ek gee, vir jou
oo dis lente in my hart n blommetuin
Kom staan by my en laat jou arms gly
Om my lyf
mmmm…..
Hou my vas en laat ons weer een word
want ek, is lief vir jou
oo so lief vir jou
Steel my hare en sê jy is ook lief, vir my
baie lief vir my en so sal bly
©MarietaCalitz[LadySoul]
2 Kommentare
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
neels
Hierdie is een van die mooiste liefdesgedigte wat ek nog ooit gelees het