Prinses van Gif
Deur die newels van die pyn
wat dieper lê as vlak venyn
tower jy die beeld op van
omgee en deernis wat in
die donker in vodde verklee.
Dan drup die gif groen uit
jou slagtande en mond en jy
besoedel die oggendstond
met hoonlag en vingerwysing
na die mag wat uit jou sif –
prinses van gif.
Deur die verwarring van die seer
wat verder gaan as om verdraagsaamheid
aan te leer, verskyn jou masker gesig
wat in die donkermaan die doderyk oorbrug.
Dan drup die gif groen uit
jou bloedbelope oë waar jy
geboë oor jou laaste slagoffer buk
voordat jy hom heelhuids insluk.
Met gekheid van oëskynlike oorwinning
skel jou hiënna lag oor die mag
wat uit jou sif –
prinses van gif.
Toe hulle my te ruste lê dans jy
voetloos oor my kis met lang, krom naels
waaruit die gif bly sis –
Die oorwinning is joune my Prinses van gif.
© Zymrly 23 Apr 2011
3 Kommentare
-
Kiekies
Baie fyn bedink en uitstekend verdig.
-
Koos Elsum
Ja ek weet dis ń ruk terug maar die strofe “ Deur die verwarring van die seer wat verder gaan as om verdraagsaamheid“ tref my besonder. Waar is jy vriend ons het jou skryf nodig hier op ink‼️
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
borrels
Die beelde laat amper dink aan iets in 'n fliek, maar dan lees mens die fyn raakpunte van hoe 'n "prinses van gif" jou menswees raak. Goed gedoen.