Kroniese Siklus
lewe slaan,
aanhoudend hard
in spel of werk
dat die nerwe
spat.
lewe staan,
ń onverwagse kroniese aanval
meestal lui of slaap
in die virus
geval.
traan damme
staan van 1918 tot nou
vol oorlewendes
in rou
gevang.
vingerwys hof
skinder oorsaak
bespiegel oorlewing
in spoeg en ink
berig.
verskirkte menige
honger getronk
sterwe elke dag
in ń televisie
program.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.