Jongste aktiwiteit:

Lammervanger (SILWER)

Lammervanger

ek is die Baardaasvoël, ook bekend as lammergeier
hoog sweef ek oor berge en dale op soek na my dis
anders as die mite, eet ek nie lammers, maar bene
enig in my soort bestaan, my dieet is bene en murg

U het ons uniek geskape en noem ons selfs
by die naam in Levitikus 11:13 in die Woord
U het ons toegerus met sterk maagsure om
al ons voedingstof te kry uit bene en murg

ek is toegerus om wind uit die hoogte te meet
sekuur te korrel om dan die been te laat val
sodat dit versplinter op die klip waar dit land
so wonderlik het U my, die Baardaasvoël geskep

maar ek is in gevaar en my voortbestaan is bedreig
mense vernietig my habitat en vergiftig my kos
sommige skiet my uit die lug of bou kraglyne en turbines
ander steel my nes en verjaag my blindelings

o Rentmeester, my Skepper, waarom laat U dit toe?
in liefde het U ons gemaak, waarom staar ons nou
ʼn onseker toekoms, sonder vooruitsigte in die gesig
Waarom laat U toe dat ons ly, as U ons kan red?

Rentmeester, mag U ook nou in hierdie swaar tye
U hand hou oor ons, die skepping van U hand

©MarleneErasmus




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed