Jongste aktiwiteit:

die saak staan so (SILWER)

die saak staan so

jy het mos geen voet om op te staan, verdomp!
vir wie moet jy nou kwaad wees? vir wie?
die ander het ook net hul werk gedoen
daar was selfs ook gereeld navrae
oor die utopie waar ons tans woon
het jy tog so naïef gedroom
met geen realiteit in daardie droom!

nou is dit net ek en ek alleen
wat lighoofdig snak na asem
as daardie naïewe droom
verdwyn soos mis voor die son

het jy gedink ons sou vir ewig hier bly
soos Alice in Wonderland wegkruipertjie
speel met die idee van vir ewig …

©MarleneErasmus
29/01/2024

 




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed