Jongste aktiwiteit:

Bonsai

Bonsai deur Johan J van Rensburg

Brons afdeling  – Januarie Oop Afdeling

 

Daar het ‘n doringboompie

binne-in my sielstuin ingegroei.

Die blaartjies: so fluweelsag

het ek met sorg gesnoei.

 

En eendag kom daarlangs

‘n Wyse uit die dorp

en my doringboompie

het nou Bonsai geword!

 

Bonsai’t nie groot of sterk gegroei

soos sy vaders van weleer.

Ook het die loop van jare

my ‘n nuwe les geleer:

 

My lewensspan le nie in grootheid

of in my glorieryk bestaan.

My wortelstelsel steun my

as jare kom en gaan.

 

Met erkenning aan die gedig “Vergewe en Vergeet”




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed