
Moenie huil nie
Moenie huil nie my kind
want nou is ek vry
van hierdie aardse bande en pyn
maar glimlag eerder omdat ek gelewe het
moenie huil nie my kind
my lewe was elke liewe oomblik vol
gevul met liefde, vriende en ’n geliefde se aanraking
kosbare herinneringe wat my hart verbly
moenie huil nie my kind
toe nag sy mantel sag om ons kom vou
het ek die Here se uitgestrekte hand geneem
Hom gevolg op die pad wat Hy vir my uitgelê het
moenie huil nie my kind
ek is nie weg nie
kyk in jul harte
daar sal julle my altyd vind
moenie treur nie my kind
ek het julle net vooruitgegaan
dis net ’n wyle voor ons mekaar weer sien
om weer soos ouds saam te kan lag en gesels.
©Taai Bonthuys
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.